Erediens Kommissie

1. Funksie:
Hierdie kommissie ondersteun die leraar met die bediening; ten einde die geestelike en sosiale versorging van die gemeente te organiseer.

2. Fokuspunte:
Pastoraal
• Toe te sien dat die leraar emosioneel goed versorg is.
• Dat opleidingsgeleenthede bevredig word.
• Om die nodige steun aan die leraar te verleen dat sy haar taak effektief kan uitvoer.

Toerusting van, en steun aan lidmate en die versorging van kerkraadslede.

Kerklike ruimte
• Liturgiese ruimte
• Ingangsportaal
• Babakamer
• Konsistorie

Kommunikasie
• Inligting
Die deurlopende ontwikkeling en toepassing van ‘n effektiewe kommunikasie stelsel binne die gemeente om te verseker dat gemeentelede goed ingelig is ten opsigte van alle aktiwiteite en gebeure rondom die bediening.
• Voorstelle
Alle rolspelers is welkom om voorstelle rakende die bediening / erediens, skriftelik in te dien by die kerkkantoor.

Geleenthede
• Kinderkrans
• Kategese
• Kursusse
• Voorsang

Die kommissie vergader weekliks ten einde die ordelike vloei van die verskillende byeenkomste te verseker en dan ook tekortkominge en suksesse te identifiseer, sodat daar reaksie kan plaasvind.

SAMEROEPER

Kerkkantoor | 022 783 0005